My Vader se stem (Afrikaans)

  • Sale
  • Regular price R 240.00
Shipping calculated at checkout.



My Vader se Stem

Partykeer is ons lewens 'n gelykenis - en hierdie boek is vol van my persoonlike ervarings oor hoe ek die Vader se Stem hoor en gehoorsaam. Ek deel ook die wonderwerke, lesse en avonture wat gevolg het. Die boek sal 'n groot bemoediging wees vir elkeen om te groei in jou vermoeë om Abba Vader se Stem vir jouself te hoor.

Saam met die boek het ek 'n CD uitgereik. Abba se Stem is soos borrelende water, 'n pragtige simfonie van klank. Ek het 'n baie intieme belewenis met my Vader gehad gedurende die opname van hierdie CD. Ek glo elkeen sal Sy Teenwoordigheid ervaar en Sy Stem hoor terwyl jy daarna luister.


Resensie

“Jou boek is baie spesiaal. Werklik 'n seën en monument tot eer aan Abba! Wel gedaan. Baie bemoedigend om te weet dat Abba elkeen se reistog gebruik om totale afhankliheid van Hom te leer en oor te gee en Hom heeltemal te vertrou.” (Nicolene, Bloemfontein)

 

“. Hierdie boek van Heidi Mitchell, 'My Vader se Stem'... Ek kan hom net nie neersit nie. Ek is net in verwondering, ek is net verstom. Dis 'n fenomenale boek met die wonderlikste wonderwerke en getuinenisse wat hier uitkom. Dis net ongelooflik. Dis een van die boeke wat ek nou koester. Ek wou net vir jou baie, baie dankie sê vir die boek as geskenk. Ek deel dit ook met my kinders.” (Anoniem, Kathu)

 

“Baie dankie vir jou boek. Dit het so 'n impak op ons lewe gehad. Ek wil net dankie sê vir jou gehoorsaamheid en dat jy deurgedruk het met die skryf daarvan. Dit is voorwaar lewensveranderend. Van die goed weet 'n mens, en 'n mens weet al lankal jy moet vrykom van sekere dinge, maar jy soek 'n lewende model, soos jy, wat dit geimplementeer het en uitleef. Weereens baie dankie,” (Sonia, Hoopstad)