Om te kan rou

  • Sale
  • Regular price R 250.00
Shipping calculated at checkout.



 ʼn Handleiding oor dood, afskeid en rou.

Hierdie boek se vertrekpunt is die toestand van die wat agterbly na die afsterwe van ʼn geliefde. Nuwe inligting daag jou uit om oor sterfte te dink.

Die skrywer verduidelik woorde en begrippe in ʼn taal wat mense toerus om te sê en skryf hoe hulle voel. ʼn Aparte joernaal is by die boek ingesluit.

Feite is soms kort, saaklik en wetenskaplik uiteengesit, maar word versag deur verhale en aanhalings. Moeilike situasies word apart behandel. Die inligting met betrekking tot kinders sal ouers help om nie foute te maak wat later onomkeerbaar is nie.

Terugvoer van lesers   

Dit is nie ʼn lekkerlees boek nie, maar dit gee vars inligting.   

Ek wens ek het die boek gelees voor my seun se dood.

Die sketse en kunstige lyne in die boek was vir my mooi.

Ek sal van nou af mooi dink wat ek vir mense in rou sê.

Later in die boek vertel die skrywer haar eie verhaal en gee ʼn die Bybelse rou- patroon wat sy ontdek het.